About Me
Rhoda Du Toit
Klein Brakrivier| Fraaiuitsig | Reebok | Tergniet
Ek is ervare in die bedryf en het meer as 12 jaar se ondervinding. Slegs die eerste jaar as “intern” het ek in Mosselbaai gewerk en verder het ek slegs in die Klein Brakrivier, Fraaiuitsig, Reebok en Tergniet area gewerk as konsultant en gee dit my ‘n groot voordeel wat in ruil natuurlik ‘n voordeel bied aan my kliente.
Ek is ‘n volstatus eiendomskonsultant en geregistreer by die EAAB met die nodige sertifisering. As gevolg van my onderwyskwalifikasie sowel as verskeie kursusse in die eiendoms bedryf is ek hierdie kwalifikasie toegestaan en glo ek dat ek werklilk ‘n professionele en ingeligte diens aan al my kliente kan lewer.
Ek was van die begin af deel van die bemarking van die Reebokrif area en kan ek dus vir my kopers ‘n geheelbeeld bied van die ontstaan, bemarking en verkope in die area oor die jare.
Ek is ‘n dinamiese persoonlikheid met ‘n liefde vir mense. My slagspreuk vir die lewe is soos NIKE tereg sê: “Just do it!” In my tyd in die onderwys het ek hierdie slagspreuk ontdek en dit van daardie dag af deel gemaak van my lewe.
Ek het ‘n ware passie vir hierdie deel van die wereld. Dit is in my opinie werklik hemel op aarde. Die mense is hier nog werklilk besorg oor hulle medemens en gemeenskap in die ware sin van die woord. Mense nooi jou nog gereeld vir ‘n koppie tee en ietsie om te eet.
Die skilpaaie, voëls en bosbokkies loop nog in jou tuin rond en almal is opgewonde as hulle ‘n nuwe ‘baba’ voëltjie sien. Die kwikstertjies kom kuier in jou kombuis om te bedel vir ‘n bietjie kaas. Dit is werklik ‘n paradys waar mens tot ruste kan kom. Hier kan jy besluit of jy ‘n pragtige berg-en-rivieruitsig wil hê van jou stoep af of ‘n uitsig oor die hele baai-area van Mosselbaai se see. Hierdie area is bekend vir uitstekende walvis uitkykpunte en ongerepte strande.
My vorige kliente kan van die bogenoemde getuig en weet hul dat my diens nie stop by die afhandeling van ‘n transaksie nie, maar duur dit daarna voort as ‘n vriendskap.
My Areas